Netwerkskema: reg of weg?

finansies

As jy dit oorweeg om by ‘n netwerkskema aan te sluit, is dit belangrik dat jy jouself die volgende vrae afvra:

• Is die organisasie ‘n geregistreerde maatskappy?
• Het hulle ‘n kantoor wat ‘n mens kan besoek?
• Verkoop hulle ‘n produk/diens?
• Klink dit te goed om waar te wees?
• Sal die besigheid hou?

Dit is ook belangrik om die produk te ondersoek. Sonder produkte of met minderwaardige produkte is dit net ‘n piramideskema wat nie sal kan standhou nie. Jy kan dan alles en jou goeie naam ook verloor. Die produkte verseker die bestaansreg van die besigheid.

Let dus op die volgende:
• Is dit gehalteprodukte?
• Is daar ’n goeie mark of aanvraag daarvoor?
• Is die prys reg of kan jy dieselfde produkte oral teen beter pryse koop?
• Kan en wil jy self die produkte gebruik?
• Bied die produkte voordele vir jouself, jou vriende en jou kliënte?

Send this to a friend