Winkeldiefstal

 

As jy gedink het winkeldiewe is hoofsaaklik moedswillige tieners of verveelde middeljarige vroue, dink weer.

Die demografie van winkeldiewe is baie uiteenlopend – en bewys dalk dat dié probleem dikwels dieperliggende sielkundige oorsake het.

Nog interessante gevallestudies:

Julie sê: “Ek weet nie hoekom ek dit doen nie. Ek is ’n suksesvolle eiendomsagent met ’n wonderlike gesin en ’n pragtige huis. Ek steel ten minste twee keer per week. Ek sal soggens by ’n koffiewinkel aangaan en met ’n muffin en wegneemkoffie uitloop sonder om te betaal. Ek sal na ’n apteek toe gaan en vinnig iets in my handsak druk. Dit voel asof ek nooit sal kan ophou nie. Ek weet hierdie verslawing sal vir die res van my lewe deel van my wees.”

“Om iets in ’n winkel te steel, laat my beter voel,” sê Eleanor. “Soms voel ek so bang, so eensaam en ongewens. My inkomste is beperk, my man is dood, my kinders het my nie meer nodig nie en die ander senior burgers in die omgewing is mooiweersvriende. Ek is nou reeds ’n jaar lank ’n winkeldief.  Soms voel asof winkeldiefstal my beste vriend geword het . . .”

Felicia swot medies en is nou in haar derde jaar. Sy het ’n gedeeltelike beurs en werk deeltyds in ’n boekwinkel om die res van haar studie-onkoste te dek. “Dit lyk dalk vir ander mense asof ek my lewe ‘bymekaar’ het. Ek is ’n intelligente vrou – hoekom kan ek nie ophou steel nie? Ek is goed bewus daarvan dat ek alles kan verloor indien ek betrap sou word: my beurs, my ouers se vertroue in my en my toekoms.”

*http://www.shopliftingprevention.org/what-we-do/self-help-and-support-center/case-studies/

Send this to a friend