Raad teen slegte asem | Vrouekeur

Raad teen slegte asem

Slegte asem kan vir groot verleentheid sorg, maar daar is raad

Deur: Christa Swanepoel

Slegte asem (halitose) is soms aan mediese toestande soos infeksie, diabetes en lewer- of niersiektes te wyte, maar meer dikwels word dit deur bakterieë veroorsaak.

Hieraan kan jy iets doen:

  • Borsel tande twee keer per dag met ’n elektriese tandeborsel en fluoriedtan depasta en vlos om die kosdeeltjies tussen die tande te verwyder.
  • Gee veral aandag aan openinge tussen tande en tandvleis. Plaak en periodontale siekte laat nie net die mond sleg ruik nie, maar beskadig die tandvleis.
  • Verwyder kosreste van jou tongoppervlak met jou tandeborsel of tongskraper.
  • Vermy suikerkosse en -drank – mondbakterieë floreer hierop en dit bevorder tandbederf.
  • As jou mond droog is, drink gereeld water en spreek jou dokter om die oorsaak daarvan vas te stel.
  • Speeksel is die natuur se ontsmettingsmiddel. Stimuleer speekselvorming deur gereeld iets te eet of suikervrye kougom te kou.
  • Vermy mondspoelmiddels wat alkohol bevat omdat dit die mond droog kan maak.
  • Moenie rook nie – tabak veroorsaak slegte asem, vlek tande en verhoog jou kanse om kanker in die mond te kry.
  • Besoek gereeld jou tandarts en mondhigiënis.
  • Vermy die eet van knoffel en uie omdat dit gasse veroorsaak wat deur die longe uitgeskei word. Kou aan pietersielie om hiervoor te help.

Send this to a friend