Aartappelskyfies

’n Tuisgemaakte burger smaak sommer net soveel lekkerder. Hier is ’n maklike resep vir aartappelskyfies

4 porsies

Bestanddele

4 aartappels
30 ml (2 e) kookolie
5 ml (1 t) sout
knypie rooipeper
5 ml (1 t) paprika

Metode

Stel oond op 190 ˚C.

  1. Sny aartappel in lang wiggies.
  2. Plaas in mengbak en meng olie, sout, rooipeper en paprika saam.
  3. Spuit bakplaat met kossproei en pak aartappels ’n entjie uitmekaar daarop.
  4. Bak vir 40 minute of tot gaar en krakerig buite. Draai een keer tydens bakproses om.

Send this to a friend