Burgerfrikkadelle

’n Tuisgemaakte burger smaak sommer net soveel lekkerder. Hier is die resep vir burgerfrikkadelle

4 porsies

Bestanddele

500 g maalvleis
125 ml (½ k) broodkrummels
1 eier 10 (2 t) gemengde kruie
5 ml (1 t) worcestersous
5 ml (1 t) blatjang
sout en peper

Metode

  1. Meng alles saam.
  2. Rol in vier ewe groot balletjies.
  3. Druk effe platter en braai tot gaar en bruin.
  4. Sny broodrolletjie in helfte en rooster liggies onder element. Smeer met botter.
  5. Sit roketblare of ander kruie op rolletjie gevolg deur tamatie, frikkadel, sous en nog blare.

Send this to a friend