Alles-in-een-hoendergereg

alles_in_een_hoendergereg

Ons is altyd besig en daarom is eenbakgeregte treffers in ons oë. Maak gerus dié alles-in-een-hoendergereg – dit is immers een van ons gewildste resepte

4 porsies

187 ml (¾ k) rou rys

8 hoenderporsies

7,5 ml (1½ t) hoenderspeserye

swartpeper na smaak

sout na smaak

genoeg olie

2 50 g (1 pakkie) spek, in blokkies gesny

LEES OOK: Maak aartappels met spek en sampioene

GROENTE

20 klein aartappeltjies met skil, gehalveer

12 klein uitjies, gehalveer

2 50 g (1 pakkie) sampioene, gehalveer

8 20 g (2 x 410 g-blikke) gekapte tamaties

500 ml (2 k) kookwater

1 blokkie hoenderaftreksel

2,5 ml (½ t) droë pietersielie

10 ml (2 t) suiker

60 ml (4 e) blatjang

1 ml sout

knypie swartpeper

LEES OOK: Maak ‘n eenbak-hoenderkerrie

Stel oond op 180 °C.

  1. Gooi rou rys in dieperige gesmeerde oondbak van 36 cm x 24 cm groot.
  2. Vryf hoenderporsies goed met hoenderspeserye, sout en peper.
  3. Verhit genoeg olie in braaipan en braai hoenderstukkies tot goudbruin. Skep op rys in oondbak.
  4. Braai spek in dieselfde braaipan tot gaar en skep op rys en hoender in oondbak.
  5. Groente Pak aartappeltjies, uitjies en sampioene rondom en oor hoenderstukke.
  6. Meng oorblywende bestanddele in mengbak. Giet stadig oor rys en hoendergereg.
  7. Bedek oondbak met foelie en bak vir 75 minute. Sit oond af en laat staan vir nog 60 minute in warm oond met oonddeur toe sodat rys heeltemal kan uitswel.
  8. Sit warm voor.

Send this to a friend