Hoendergereg met bruinrys

Hierdie hoendergereg met bruinrys is perfek vir ’n weeksaand!

4 tot 6 porsies

Bestanddele

bietjie olie
1,2 kg hoenderstukke
sout en peper
375 ml (1½ k) rou bruin-en-wilderys
187 ml (¾ k) pastarys
200 g (1 pakkie) botterskorsiestukke
250 g (1 pakkie) sampioene
2 rooi uie, in kwarte gesny
5 ml (1 t) gedroogde salie
10 ml (2 t) gedroogde tiemie
625 ml (2½ k) hoenderaftreksel 2 50 ml (1 k) appelsider (Savannah Dry of Hunters Dry)

LEES OOK: Hoender-en-ryskasserol

Metode

Stel oond op 180 ˚C.

  1. Verhit olie in braaipan en verbruin hoenderstukke. Geur met sout en peper. Skep uit en hou eenkant.
  2. Braai rys in dieselfde pan as hoender. Voeg botterskorsie, heel sampioene, uie en kruie by. Braai tot groente begin verkleur.
  3. Skep rysmengsel in gesmeerde oondbak van ongeveer 20 cm x 30 cm.
  4. Skep gebraaide hoenderstukke bo-op.
  5. Giet aftreksel en appelsider stadig bo-oor. Bedek met foelie.
  6. Bak vir 60 minute. Indien rys nie heeltemal gaar is nie, voeg nog 125 ml (½ k) warm hoenderaftreksel by en bak verder, ongeveer 20 minute.

Send this to a friend