Amarulajellie | Vrouekeur

Amarulajellie

Maak die Amarulajellie in individuele glasies of bedien dit as deel van jou Kerskoekstruif

Deur MARELI VISSER

Maak 6 glasies

Bestanddele

30 ml (2 e) gelatien
125 ml (½ k) water
500 ml (2 k) kookwater
1 blik (397 g) kondensmelk
125 ml (½ k) Amarula

Maak ook hierdie aarbeikoekstruif

Metode

  1. Week gelatien in koue water en los dan in 250 ml kookwater op. Laat effens afkoel.
  2. Voeg orige 250 ml kookwater by kondensmelk, meng goed en laat afkoel.
  3. Meng gelatien- en melkmengsel goed.
  4. Roer Amarula by en giet in glase om te stol.
  5. Bedien met vars bessies.

Send this to a friend