Biltong-aartappelpoffers

Maak hierdie biltong-aartappelpoffers as ’n lekker happie vir jou gaste!

4 porsies

Bestanddele

3 groot aartappels
45 ml (3 e) koekmeel
250 ml (1 k) fyn biltongstukkies
250 ml (1 k) gerasperde kaas
80 ml (1/3 k) melk
knypie sout en swartpeper
15 ml (1 e) bakpoeier
15 ml (1 e) rooivleissout (vleisspeserye)
80 ml (1/3 k) koekmeel
1 eier
bietjie melk
80 ml (1/3 k) broodkrummels
olie vir diepvetbraai
pikantrissie-blatjang vir opdien

Metode

  1. Skil aartappels en sny in kleiner blokkies.
  2. Kook in baie water tot sag. Dreineer goed en maak met aartappeldrukker fyn. Sit terug op warm plaat sodat meeste water kan uitstoom.
  3. Roer meel, biltong, kaas, melk, sout, peper, bakpoeier en rooivleissout by. Roer tot mengsel net bind.
  4. Rol mengsel in bolletjies en rol in koekmeel. Klits eier en melk en rol bolletjies daarin en dan in broodkrummels.
  5. Maak olie warm, gooi bolletjies versigtig in en braai tot goudbruin. Dit moet dadelik borrel, anders is olie te koud.
  6. Sit louwarm met blatjang voor.

Send this to a friend