Biltongsop

Biltong is ’n Suid-Afrikaanse gunsteling. Probeer hierdie biltongsop-resep die naweek

4 porsies

Bestanddele

100 ml botter
1 ui, gekap
5 ml (1 t) fyn knoffel
knypie neutmuskaat
2,5 ml (½ t) fyn koljander
2,5 ml (½ t) fyn komyn
knypie naeltjies
30 ml (2 e) koekmeel
500 ml (2 k) hoenderaftreksel
500 ml (2 k) melk
125 ml (½ k) room
60 ml (¼ k) parmesaankaas, gerasper
125 ml (½ k) cheddarkaas, gerasper
250 ml (1 k) fyn biltong
45 ml (3 e) brandewyn
ekstra kaas en biltong vir bo-op

Metode

  1. Smelt botter en braai ui en knoffel tot sag.
  2. Gooi speserye by en braai tot geure loskom.
  3. Gooi koekmeel by en roer goed.
  4. Gooi aftreksel stadig by en roer. Gooi melk en room by en laat kook tot dik.
  5. Skakel hitte af en roer kase, biltong en brandewyn by.
  6. Geur met sout en peper.
  7. Garneer met ekstra kaas en biltong.
  8. Sit saam met varsgebakte brood voor.

Send this to a friend