Sagopoeding

Maak ’n lekker warm sagopoeding wat jy voor die kaggelvuur kan verorber

Deur MARELI VISSER 

1 poeding

Bestanddele

250 ml (1 k) sago
1 ℓ (4 k) volroommelk
60 ml (1/4 k) suiker
60 ml (1/4 k) botter
1,25 ml (1/4 t) sout
4 groot eiers, geskei
5 ml (1 t) vanieljegeursel
90 ml (6 e) appelkooskonfyt
80 ml (1/3 k) strooisuiker

Metode

Verhit oond tot 180 °C en berei oondbak voor deur dit met botter te smeer.

  1. Laat sago vir ’n uur in koue water week en dreineer.
  2. Kook melk, suiker, botter en sout saam.
  3. Voeg sago by en kook oor stadige hitte tot deurskynend en sag, roer gereeld.
  4. Laat effens afkoel en meng geklitste eiergele en vanieljegeursel by.
  5. Skep mengsel in oondbak en bak vir 30 minute.
  6. Bedruip poeding met appelkooskonfyt.
  7. Klits eierwitte en strooisuiker tot stywepuntstadium en smeer bo-op.
  8. Bak vir 20 minute tot goudbruin en gaar.

Wenk

Sif mielieblom (Maizena) liggies oor poeding voor jy die eierwitte oorsmeer.

Send this to a friend