Biltongsouttert

Maak ’n heerlike biltongsouttert met skyfies as ’n kors en biltong as vulsel

1 tert

Bestanddele

1 klein ui
1 groot pak skyfies, biltonggeur
150 g biltong, gekerf
125 ml (½ k) kaas, fyngerasper
2 pikantrissies (peppadews), gesnipper
4 groot eiers
180 ml (¾ k) room
180 ml (¾ k) melk
5 ml (1 t) vars pietersielie
sout en peper na smaak

Metode

Verhit oond tot 180°C en smeer ’n 27 cmtertbak met botter.

  1. Sny ui in fyn blokkies en braai tot sag.
  2. Druk skyfies in pak fyn en bedek bodem van tertbak daarmee.
  3. Pak uie bo-op skyfies, gevolg deur laag biltong.
  4. Strooi kaas en pikantrissies bo-oor biltong.
  5. Klits eiers, room, melk en pietersielie saam en geur met sout en peper. Gooi versigtig oor vulsel.
  6. Bak vir 35 minute tot goudbruin en gaar. Bedien warm.

Wenk!

Die biltong kan met enige vulsel van jou keuse vervang word

Send this to a friend