Blomkoolpoffers | Vrouekeur

Blomkoolpoffers

Ons almal ken pampoenpoffers, maar het jy al blomkoolpoffers gemaak?

4 porsies

Bestanddele

1 kop blomkool
125 ml (½ k) koekmeel
1 ml knoffelsout
swartpeper na smaak
1 25 ml (½ k) cheddarkaas, gerasper
1 eier, geklits
klont botter
bietjie olie

Metode

  1. Stoom blomkool vir 15 minute tot sag. Druk blomkool fyn en laat afkoel.
  2. Roer oorblywende bestanddele by. Plaas in vrieskas vir 15 minute.
  3. Vorm in middelslagballetjies en druk effens platter.
  4. Verhit bietjie oli e en botter.
  5. Braai blomkoolpoffers ongeveer vier minute aan elke kant tot goudbruin.
  6. Sit warm of teen kamertemperatuur voor.

Wenk

Dié dis is ideal vir ’n voorgereg

Send this to a friend