Blomkool-en-broccoli-tert | Vrouekeur

Blomkool-en-broccoli-tert

Maak hierdie blomkool-en-broccoli-tert saam met hoender en jy het ’n hele maaltyd!

6 porsies

Bestanddele

1 kop vars blomkool, in blommetjies gebreek
1 kop vars broccoli, in blommetjies gebreek
bietjie olie
1 ui, gekap
2 50 g (1 pakkie) sampioene, in skyfies gesny
6 skyfies ham, in blokkies gesny
250 ml (1 k) room
1 25 ml (½ k) volroommelk
4 1 g (1 pakkie) Potato Bake (suurroom en grasui)
2 50 ml (1 k) mozzarellakaas, gerasper

Metode

Stel oond op 180 °C.

  1. Stoom blomkool en broccoli vir 10 minute. Dit hoef nie sag te wees nie. Hou eenkant.
  2. Verhit bietjie olie en braai ui tot sag.
  3. Voeg sampioene en ham by en soteer nog vier minute.
  4. Smeer oondbak van ongeveer 20 cm x 30 cm met botter of spuit met kossproei.
  5. Skep helfte van hammengsel en dan gestoomde groentemengsel in bak. Herhaal tot bestanddele klaar is.
  6. Roer room en melk saam. Roer Potato Bake by tot glad en sonder klonte. Giet bo-oor gereg.
  7. Sprinkel kaas bo-oor en bak vir 25 minute of tot goudbruin bo-op.

Send this to a friend