Boontjiesop

Wanneer laas het jy boontjiesop gemaak? Gebruik ons lekker resep!

4 porsies

Bestanddele

500 g droë bruinbone of spikkelbone
1 ui, gekap
5 ml (1 t) fyn knoffel
350 g gerookte varknek, in blokkies gesny
1 ℓ (4 k) hoenderaftreksel
500 ml (2 k) water

Metode

  1. Laat boontjies oornag in water week.
  2. Braai ui en knoffel tot sag.
  3. Roer varknek by en braai effe.
  4. Dreineer boontjies en gooi by uiemengsel.
  5. Gooi aftreksel en water by en laat kook tot boontjies heeltemal sag is.
  6. Geur met sout en peper.

Send this to a friend