Braaivleisbrood

braaivlesibrood

Dik snye vars gebakte brood saam met regte botter is altyd ‘n wenner. Bak hierdie heerlike, maklike brood wat plaasvars proe

Bestanddele

700 g gekoopte brooddeeg

Vulsel
30 ml (2 e) pesto
30 ml (2 e) sagte botter
bietjie olie
1 ui, gekap
5 ml (1 t) vars gekapte knoffel
125 g (½ pakkie) spek, gekap
12 calamata-olywe, ontpit en fyngekap
swartpeper na smaak
250 ml (1 k) cheddarkaas, gerasper

Bolaag
15 ml (1 e) olie
bietjie growwe sout

LEES OOK: Biltongbrood

Metode

Stel oond op 180 °C.

  1. Hou deeg in yskas tot benodig.
  2. Vulsel Meng pesto en botter. Hou eenkant.
  3. Verhit olie en soteer ui en knoffel tot sag. Voeg spek by en braai tot gaar. Verwyder van hitte. Roer olywe en swartpeper by.
  4. Rol deeg op meelbestrooide werksoppervlak uit. Vorm reghoek van ongeveer 25 cm x 15 cm. Die deeg moet ongeveer 6 mm dik wees.
  5. Smeer botter-en-pesto-mengsel oor deeg.
  6. Skep spekmengsel op deeg en sprei uit.
  7. Sprinkel kaas oor en rol soos rolkoek op.
  8. Plaas opgerolde brood op bakplaat wat met bakpapier uitgevoer is en met kossproei gespuit is.
  9. Bolaag Verf brood se bokant met olie en sprinkel bietjie sout oor.
  10. Maak snye in bokant van brood.
  11. Bak vir 30 minute of tot goudbruin bo-op.

Wenk

Jy kan ook ’n blik gedreineerde pitmielies by vulsel voeg

 

Send this to a friend