Brosbrood

Bros en propvol botter. Ek bak elke jaar brosbrood. Net reg vir ’n happie enige plek

50 koekies

Bestanddele

520 ml (500 g) botter
315 ml (300 g) strooisuiker
1 000 ml (560 g) koekmeel
500 ml (290 g) mielieblom (maizena)
50 ml strooisuiker vir bo-oor

Metode

Voorverhit oond tot 160 °C.

  1. Klop botter en strooisuiker saam tot lig en romerig.
  2. Sif koekmeel en mielieblom saam.
  3. Voeg meelmengsel lepel vir lepel by bottermengsel terwyl menger stadig loop.
  4. Meng tot growwe krummels en sit menger af.
  5. Gooi beslag in 26 cm x 35 cm-oondpan en druk stewig vas.
  6. Prik hele oppervlak van deeg met vurk.
  7. Bak vir 1 uur tot goudbruin en gaar.
  8. Haal uit oond en strooi strooisuiker bo-oor.
  9. Sny in netjiese reghoeke terwyl nog warm.
  10. Laat in oondpan afkoel en pak in koekblik.  

Send this to a friend