Wildstert in witwyn

Hierdie wildstert in witwyn is ‘n lekker resep wat jou help om van die jagseisoen se wild iets lekkers te maak

4 porsies

Bestanddele

2 kg wildsterte
125 ml (½ k) koekmeel
5 ml (1 t) sout
varsgemaalde peper
750 ml (3 k) semisoet witwyn
500 ml (2 k) hoenderaftreksel
1 ui, in agstes gesny
250 g (1 pakkie) sampioene, gekap
500 g (1 pakkie) klein aartappels
GREMOLATA
45 ml (3 e) pietersielie, fyngekap
10 ml (2 t) vars knoffel, fyngekap
2 suurlemoene se skil
30 ml (2 e) olyfolie

Metode

  1. Rol sterte in koekmeel en sprinkel met sout en peper.
  2. Braai in sarsies tot bruin.
  3. Gooi al die vleis in groot pot met wyn, aftreksel en ui en kook 4–6 uur of 2 uur in drukkoker.
  4. Gooi sampioene en aartappels laaste 20 minute by en kook tot sag.
  5. Gremolata Meng alles en gooi oor sterte met opdiening.

Send this to a friend