Caesarslaai

Hierdie klassieke Caesarslaai beloof om jou gaste te beïndruk!

2 porsies

Bestanddele

Sous
1 knoffelhuisie, fyngedruk
125 ml (½ k) mayonnaise
2,5 ml (½ t) mosterd
2 ansjovisfilette, fyngedruk
5 ml (1 t) suurlemoensap
bietjie melk
sout en peper
Slaai
4 snye ciabattabrood
bietjie olie
2 eiers
2 hoenderborsies
5 ml (1 t) hoenderspeserye
1 kop romaine (bindslaai)/cos (blaarslaai)
80 ml (1/3 k) parmesaankaas, grofgerasper

Metode

  1. Sous Meng bestanddele van sous saam en hou eenkant.
  2. Slaai Sny ciabatta in blokkies en braai liggies in bietjie olie, geur met sout en peper.
  3. Kook eiers vir tien minute.
  4. Sny hoender in 1 cm-repies, geur met speserye en braai tot gaar.
  5. Breek blaarslaai en sit hoender, parmesaan, broodblokkies en hardgekookte eierwiggies bo-op. Gooi slaaisous en bedien dadelik.

Send this to a friend