Calamarislaai

Maak hierdie lekker calamarislaai vanaand vir ete!

4 porsies

Bestanddele

SLAAISOUS
60 ml (4 e) sesamolie
30 ml (2 e) sojasous
1 ml fyn rooipeper
5 ml (1 t) mengsel van vars knoffel
en vars gemmer
15 ml (1 e) heuning
10 ml (2 t) suurlemoensap
SLAAI
200 g (1 pakkie) babaspinasie
1 rooi ui, in dun ringetjies gesny
½ komkommer, in blokkies gesny
1 25 g (½ pakkie) klein tamaties,gehalveer
CALAMARI
125 ml (½ k) koekmeel
knypie rooipeper
5 ml (1 t) suurlemoenpeper
400 g calamariringetjies
groot klont botter
bietjie olie

Metode

  1. Slaaisous Meng al die bestanddele vir slaaisous en hou eenkant.
  2. Slaai Spoel spinasieblare af en pak op opdienbord. Sprinkel res van slaaibestanddele bo-oor.
  3. Calamari Meng meel, rooipeper en suurlemoenpeper. Rol calamari in meelmengsel.
  4. Smelt botter en olie in braaipan tot goed warm. Braai calamari vir ongeveer twee minute aan elke kant.
  5. Skep gaar calamari bo-op slaai en giet slaaisous oor.
  6. Sit dadelik voor.

Send this to a friend