Energieballetjies

Hierdie energieballetjies is perfek vir die kosblik!

Bestanddele

25 balletjies

250 ml (1 k) hawermout
160 ml (2/3 k) fyn klapper
125 ml (½ k) grondboontjiebotter
125 ml (½ k) lynsaad
125 ml (½ k) gedroogde bosbessies
80 ml (1/3 k) heuning

Metode

  1. Gooi alle bestanddele in ’n plastiekmengbak. Sit vir een minuut in mikrogolf. Meng alles goed saam.
  2. Rol balletjies.
  3. Bêre in yskas vir later.

Send this to a friend