Pizzarolletjies

Pizzarolletjies maak heerlike happies!

4 porsies/20 rolletjies

Bestanddele

1 pak brooddeeg
45 ml (3 e) tamatiepasta
100 g salamistukke
200 g mozzarellakaas, gerasper

Metode

Stel oond op 200 ˚C.

  1. Rol brooddeeg uit om groot reghoek te maak.
  2. Smeer tamatiepasta oor.
  3. Pak salami eweredig op deeg.
  4. Sprinkel kaas oor.
  5. Rol deeg op om een groot rol te maak.
  6. Sny in wielietjies van omtrent 2 cm en pak op gesmeerde bakplaat uit.
  7. Bak vir 30 minute of tot goudbruin en gaar.

Send this to a friend