Gebakte appeltert

Wat is dan nou lekkerder as ’n stukkie gebakte tert met ’n groot skep room?

Deur MARLO KITSHOFF-CARSTENS

10 porsies

Bestanddele

250 ml (1 k) suiker
2 eiers
125 ml (½ k) volroommelk
45 ml (3 e) botter, gesmelt
250 ml (1 k) koekmeel
5 ml (1 t) bakpoeier
knypie sout
knypie fyn kaneel
385 g (1 blik) tertappels
Sous
250 ml (1 k) suiker
250 ml (1 k) room
2,5 ml (½ t) vanieljegeursel

LEES OOK: Korslose melktert

Metode

Stel oond op 180 ºC.

  1. Klits suiker en eiers. Voeg melk en botter by. Klits weer.
  2. Sif meel, bakpoeier, sout en kaneel saam. Roer by eiermengsel.
  3. Smeer ronde oondtertbak met 22 cm-deursnee.
  4. Skep deeg in tertbak en pak appelstukke bo-op.
  5. Bak vir 60 minute tot goudbruin.
  6. Sous Begin sous 20 minute voor baktyd verstreke is.
  7. Verhit suiker en room oor matige hitte. Roer gereeld tot sous begin borrel. Verwyder van hitte en roer vanieljegeursel by.
  8. Giet warm sous oor appeltert sodra dit uit oond kom.
  9. Sit louwarm saam met styfgeklitste room voor en versier soos verkies.

Send this to a friend