Maklike appeltert | Vrouekeur

Maklike appeltert

Wat is lekkerder in die koue weer as ’n warm sny appeltert met styfgeklopte room? Bak dié maklike een en bederf jou mense

Deur: Mareli Visser

1 tert

Bestanddele

500 ml (2 k) koekmeel
10 ml (2 t) bakpoeier
250 ml (1 k) suiker
250 g botter (kamertemperatuur)
6 middelslag-appels (Granny Smith)
125 ml (½ k) sultanas
125 ml (½ k) suiker
2,5 ml (½ t) kaneel
knippie sout
250 ml (1 k) water
10 ml (2 t) vlapoeier
80 ml (1/3 k) water

Metode

Verhit oond tot 180 °C.

  1. Sif meel en bakpoeier en meng suiker by.
  2. Vryf botter in om sagte deeg te vorm.
  3. Bêre kwart van deeg as ’n bal in yskas.
  4. Druk res van deeg in tertpan, verkoel in yskas.
  5. Skil appels en sny in agtstes.
  6. Kook appels, sultanas, suiker, kaneel, sout en water saam tot appels sag is.
  7. Meng vlapoeier en 80 ml water, voeg by appels en kook tot dik.
  8. Skep appelmengsel bo-op kors en rasper bal deeg bo-oor.
  9. Bak vir 20 minute tot goudbruin.
  10. Bedien warm met styfgeklopte room.

Send this to a friend