Geroosterde wortelhoemoes

Almal ken gewone hoemoes, maar het jy al geroosterde wortelhoemoes geproe? Dis net so lekker!

4 porsies

Bestanddele

2 00 g wortels, geskil en in 1 cmstukke gesny
bietjie olie
2 44 g (1 blik) kekerertjies, gedreineer
2,5 ml (½ t) fyn knoffel
sout en peper
knypie paprika
knypie fyn komyn
knypie fyn koljander
60 ml (¼ k) olyfolie
5 ml (1 t) suurlemoensap

Metode

Stel oond op 180 °C.

  1. Meng wortels met olie en bak tot sag. Laat afkoel.
  2. Gooi wortels en res van bestanddele in voedselverwerker en verpulp tot glad.
  3. Bêre in skoon glashouer en eet saam met brood of groentestokkies.

Send this to a friend