Grenadella-yslollies

Maak heerlike vrugte-ysies en roomys vir baie warm dae

6 tot 8 yslollies

Bestanddele

60 ml (4 e) water
60 ml (4 e) suiker
250 ml (1 k) grenadellapulp
1 25 ml (½ k) grenadella-vrugtesap
(Woolworths)

Metode

  1. Verhit water en suiker saam in kastrol oor matige hitte. Roer tot suiker oplos.
  2. Verhoog hitte en kook nog vier minute tot effens taai.
  3. Verwyder kastrol van stoofplaat en roer grenadellapulp by. Roer tot goed gemeng.
  4. Roer vrugtesap by en meng goed.
  5. Giet mengsel in yslollievorms en los vir drie uur in vrieskas.
  6. Druk stokkies in en laat oornag vries.

Send this to a friend