Groente-tempura

Groente-tempura is ’n kreatiewe manier om groente te maak! Laat weet ons wat jy daarvan dink

4 porsies

Bestanddele

DEEG
250 ml (1 k) bruismeel
knypie knoffelsout
knypie rooipeper
250 ml (1 k) sodawater
750 ml (1 bottel) olie
GROENTE
½ kop broccoli, in blommetjies gebreek
125 g (1 pakkie) klein mielies
½ kop blomkool, in blommetjies gebreek
SOUS
60 ml (4 e) soetrissiesous
15 ml (1 e) vars pietersielie, gekap
5 ml (1 t) suurlemoensap
30 ml (2 e) mayonnaise
RYS
375 ml (1 ½ k) basmatirys, gaar
2 grasuie, gesny
handvol kasjoeneute, grofgekap

LEES OOK: Groenteslaai

Metode

  1. Meng bruismeel, knoffelsout, rooipeper en sodawater.
  2. Verhit olie tot warm.
  3. Groente Dompel groente in deeg en dan in warm olie. Braai tot goudbruin.
  4. Plaas op kombuispapier om oortollige olie te absorbeer.
  5. Sous Meng bestanddele vir sous saam.
  6. Rys Meng bestanddele saam en dien saam met groente en sous op.

Send this to a friend