Heel gebakte blomkool

Vergeet van blomkool met kaassous, jy kan veel meer daarmee doen – soos hierdie heel gebakte blomkool!

4 porsies

Bestanddele

1 heel kop blomkool
125 g (¼ blok) botter
1 ml sout
knypie swartpeper
10 ml (2 t) vars knoffel, gekap
15 ml (1 e) vars pietersielie, gekap
45 ml (3 e) parmesaankaas, fyngerasper

Metode

Stel oond op 180 °C.

  1.  Plaas blomkool in 187 ml (¾ k) water en stoom met deksel op oor matige hitte vir 30 minute.
  2.  Skep blomkool uit in oondbak.
  3.  Smelt botter, sout, swartpeper, knoffel en pietersielie saam in glasbak in mikrogolf tot net sag. Smeer hele blomkoolkop goed daarmee.
  4. Bedek met foelie en bak vir 30 minute. Verwyder foelie.
  5. Skep botter wat in oondbak lê oor blomkool. Sprinkel parmesaankaas bo-oor.
  6.  Plaas blomkool vir nog 20 minute in oond.
  7. Sprinkel nog parmesaankaas bo-oor en plaas onder roosterelement tot goudbruin bo-op.
  8. Sit dadelik voor.

Send this to a friend