Groentepakkies

Hierdie groentepakkies maak ’n heerlike bygereg!

6–8 porsies

Bestanddele

bietjie olie
1 ui, gekap
5 ml (1 t) fyn knoffel
1 25 g (½ pak) spek, in blokkiesgesny
2 wortels, grofgerasper
3 murgpampoentjies, grofgerasper
5 ml (1 t) fyn komyn
5 ml (1 t) fyn koljander
knypie rooipeper
125 g (½ blik) lensies, afgespoel
sout en peper
2 sirkels fetakaas, gekrummel
4 koppe babakoolblare, afgebreek
125 ml (½ k) hoenderaftreksel

Maak ook vinnige spek-en-vis-pakkies

Metode

Stel oond op 180 °C.

  1. Braai ui en knoffel in olie tot sag. Haal uit en braai spek tot bros. Sit uie terug.
  2. Roer wortels, murgpampoentjies, speserye en lensies by en braai verder. Haal van hitte af. Geur met sout en peper en roer feta deur.
  3. Blansjeer koolblare in borrelende kookwater tot sag. Dreineer en hou eenkant tot afgekoel.
  4. Skep 15 ml van vulsel in geblansjeerde koolblaar, vou toe en plaas in oondbak. Giet aftreksel oor en bak vir 30 minute of tot kool ligbruin is.

Send this to a friend