Koue avokado-en-garnaal-sop

Het jy al koue avokado-en-garnaal-sop gemaak? Dis vreeslik lekker!

6–8 porsies

Bestanddele

SOP
3 avokado’s, geskil en ontpit
250 ml (1 k) hoenderaftreksel
250 ml (1 k) melk
10 ml (2 t) suurlemoensap skil van 1 suurlemoen
5 ml (1 t) fyn komyn
2,5 ml (½ t) knoffelsout
GARNALE
1 6 garnale, skoongemaak en geskil
5 ml (1 t) paprika
10 ml (2 t) suurlemoensap
10 ml (2 t) vars pietersielie, gekap
30 ml (2 e) botter
knypie rooipeper
sout en peper
OPDIENING
8 songedroogde tamaties, in olie
1 6 kalamata-olywe, ontpit en in helfte gesny
handvol vars koljander, grofgekap

Maak ook avokado-plaatkoekies

Metode

  1. Plaas avokado’s, aftreksel, melk, suurlemoensap en -skil en geurmiddels in voedselverwerker en verpulp tot glad. Hou in yskas tot opdiening.
  2. Marineer garnale in paprika, suurlemoensap en pietersielie vir 30 minute. Smelt botter en braai garnale tot pienk en gaar. Geur met rooipeper, sout en peper.
  3. Sny tamaties in lang dun repe. Skep sop in koue sopbakke. Rangskik tamaties, olywe en koljander bo-op sop. Plaas twee garnale op sop en bedien saam met broodstokkies.

Send this to a friend