
Maak ’n lekker hoender-pastagebak wat nie veel moeite verg nie
4 porsies
Bestanddele
500 g rigatoni-pasta 
1 ui, gekap 
5 ml (1 t) fyn knoffel 
400 g hoendermaalvleis 
2 tiemietakkies 
sout en peper 
knypie neutmuskaat 
15 ml (1 e) botter/margarien 
15 ml (1 e) koekmeel 
250 ml (1 k) melk 
125 ml (½ k) sterk witkaas 
60 ml (¼ k) broodkrummels 
Metode
1 Kook pasta tot net sag, spoel af en hou eenkant. 
2 Braai ui en knoffel in bietjie olie tot net sag. 
3 Roer maalvleis by en braai tot bruin. 
4 Gooi tiemie, sout en peper en neutmuskaat oor. 
5 Smelt botter by maalvleis en roer meel by. Roer melk stadig by tot dik mengsel vorm. Laat mengsel kook. 
6 Pak pasta regop in koekpan en gooi hoendersous bo-oor. 
7 Sprinkel met kaas en broodkrummels en bak vir 30 minute. 
WENK As sous te dik is, gooi nog bietjie melk by

Suzanne is al vir die laaste 10 jaar deel van die Vrouekeur-kosspan.
Sy is passievol oor lekker, maklike en gesonde resepte wat almal kan maak.
Sy is mal oor reis, goeie wyn en lekker geselskap.
As sy nie in die toetskombuis is nie, kan jy haar weekliks op KykNET se Die Groot Ontbyt sien of in die klas by Steyns Culinary School waar sy onderrig bied.






