Kaas-en-maalvleis-pastagebak

’n Lekker kaas-en-maalvleis-pastagebak vir aandete!

4 porsies

Bestanddele

500 g (1 pak) pasta
1 ui, gekap
5 ml (1 t) knoffel
bietjie olie
500 g maalvleis
sout en peper
5 ml (1 t) rooivleisspeserye
5 ml (1 t) Italiaanse kruie
300 g (1 bottel) tamatiepastasous
bietjie water
250 ml (1 k) gerasperde cheddarkaas
250 ml (1 k) gerasperde mozzarellakaas
80 ml (1/3 k) gerasperde parmesaankaas
80 ml (1/3 k) broodkrummels

Metode

Stel oond op 180 ˚C.

  1. Kook pasta in borrelende soutwater tot net sag. Dreineer en spoel met koue water af.
  2. Verhit olie en braai ui en knoffel tot sag. Skep uit en hou eenkant.
  3. Braai maalvleis tot goudbruin. Skep uie terug. Roer kruie en speserye by en braai verder.
  4. Gooi pastasous en bietjie water by en laat effe kook.
  5. Verdeel pasta in derdes. Sit een derde onder in glasoondbak. Gooi derde maalvleismengsel bo-op gevolg deur derde van kase. Herhaal proses en eindig met laag kaas en broodkrummels.
  6. Bak vir 30 minute of tot kaas goudbruin is. Bedien met slaai.

Send this to a friend