Hoenderroerbraai | Vrouekeur

Hoenderroerbraai

Maak lekker hoenderroerbraai!

4–6 porsies

Bestanddele

350 g (1 pak) eiernoedels
bietjie olie
1 ui, in ringetjies gesny
10 ml (2 t) knoffel, fyngekap
10 ml (2 t) gemmer, fyngekap
4 hoenderborsies, in repe gesny
300 g wortels, in julienne-repies gesny
2 00 g murgpampoentjies, in juliennerepies gesny
½ klein rooikoolkop, in julienne-repies gesny
½ geel soetrissie, in dun repies gesny
½ rooi soetrissie, in dun repies gesny
30 ml (2 e) sojasous
5 ml (1 t) visolie
5 ml (1 t) sesam-olie
6 0 ml (¼ k) soetrissie- of brandrissiesous
30 ml (2 e) sesamsaad

Metode

  1. Kook eiernoedels in water tot sag, dreineer, spoel en hou eenkant.
  2. Verhit olie in groot pan, braai ui, knoffel en gemmer op hoë hitte. Voeg hoender by en braai verder.
  3. Voeg groente by en braai tot effe sagter. (Steeds op hoë hitte.)
  4. Skakel hitte af en giet sojasous, visolie, sesam-olie en rissiesous by.
  5. Roer noedels en sesamsaad deur. Bedien dadelik.

Send this to a friend