Chinese groenterolletjies | Vrouekeur

Chinese groenterolletjies

Het jy al ooit probeer om jou eie Chinese groenterolletjies oftewel spring rolls te maak?

20 rolletjies

Bestanddele

bietjie olie
1 ui, in halfmaanringetjies gesny
5 ml (1 t) knoffel, fyngekap
5 ml (1 t) gemmer, fyngerasper
2 wortels, in julienne-repies gesny
½ groen soetrissie, in dun repies gesny
3 murgpampoentjies in julienne-repies gesny
6 spinasieblare, baie fyn gekerf
20 ml (4 t) sojasous
30 ml (2 e) sonneblomsaad
20 springroll wrappers
1 eierwit
olie vir diepvetbraai

 Klik hier en maak fortuinkoekies!

Metode

  1. Verhit olie en braai ui, knoffel en gemmer tot sag.
  2. Voeg groente by en braai verder. Draai hitte af en roer sojasous en sonneblomsaad by. Laat effe afkoel.
  3. Plaas springroll wrapper met punt wat na onder wys op werksoppervlakte. Verf met eierwit.
  4. Plaas groentevulsel op onderste punt en vou twee keer om.
  5. Vou linker- en regterkant na binne en verf weer met eierwit.
  6. Rol verder op. Maak seker daar is geen openinge nie.
  7. Verhit olie en braai tot goudbruin. Dreineer op kombuispapier. Bedien met soetrissiesous.

Send this to a friend