Kaasstokkies

Bederf jou mense met hierdie lekker kaasstokkies!

20 stokkies

Bestanddele

1 rol blaardeeg
125 ml (½ k) gerasperde kaas
5 ml (1 t) gerookte paprika
60 ml (¼ k) gesmelte botter
sout en peper na smaak

Metode

Verhit oond tot 200 °C en berei bakplaat voor.

  1. Sny deeg in lengte in helfte.
  2. Strooi gerasperde kaas oor eerste helfte van blaardeeg en sprinkel gerookte paprika oor kaas.
  3. Sit ander helfte van blaardeeg oor kaashelfte om kaas te bedek en druk liggies vas.
  4. Sny deeg in 20 ewe groot repe.
  5. Draai stokkies reep vir reep en druk punte vas. Pak stokkies op bakplaat.
  6. Smeer gesmelte botter oor gedraaide stokkies.
  7. Strooi liggies met sout en peper.
  8. Bak vir 15–20 minute tot goudbruin en gaar.

Send this to a friend