Klapperhoenderkerrie

Het jy al ooit klapperkerriehoender gemaak? Probeer ons resep!

4 porsies

Bestanddele

bietjie olie
1 ui, gekap
5 ml (1 t) fyn knoffel
5 ml (1 t) fyn gemmer
20 ml (4 t) kerriepoeier
5 ml (1 t) borrie
5 ml (1 t) fyn komyn
5 ml (1 t) fyn koljander
8 hoenderporsies
400 g (1 blik) gekapte tamaties
400 ml (1 blik) klappermelk

Metode

  1. Verhit olie en braai ui, knoffel en gemmer tot sag.
  2. Gooi speserye by uie en braai tot geure ontwikkel.
  3. Voeg hoender, tamaties en klappermelk by uiemengsel en laat stadig kook tot hoender gaar is.
  4. Bedien met rys en geroosterde klapper.

Wenk

Jy kan ook bevrore ertjies of ander groente by die kerrie gooi om die ete te rek

Send this to a friend