Lepelsteeltjies

Lepelsteeltjies is soutkoekies gevul met appelkooskonfyt. Probeer dit self, dis baie maklik om te maak en heerlik!

36 koekies

Bestanddele

250 ml (105 g) koekmeel
1, 25 ml (¼ t) sout
1, 25 ml (¼ t) bakpoeier
310 ml (120 g) fyngerasperde Cheddarkaas
125 ml (120 g) botter (kamertemperatuur ) appelkooskonfyt

Metode

Voorverhit oond tot 200 °C en spuit 2 klein kolwyntjiepanne met kleefwerende sproei.

  1. Gooi meel, sout en bakpoeier in voedselverwerker en meng deur.
  2. Gooi kaas en botter by en pols tot hanteerbare deeg vorm.  Maak balletjies van 7,5 ml en plaas in holtes van kolwyntjiepannetjies.
  3.  Druk holte met ronde kant van   2,5 ml maatlepel in deeg.
  4.  Skep appelkooskonfyt in elkeen en bak vir 15 minute tot goudbruin en gaar.
  5. Laat afkoel.

Send this to a friend