Mokka-haselneut-kaaskoek | Vrouekeur

Mokka-haselneut-kaaskoek

Die bestanddele vir hierdie mokka-haselneut-kaaskoek mag jou ’n paar rand uitwerk, maar elke proe is die geld werd!

Deur MARLO KITSHOFF-CARSTENS en SUZANNE CROZIER
Foto ANDREA Caldwell

16 porsies

KORS
100 g (1 pakkie) haselneute
175 g (1 pakkie) Oreo-koekies
90 g botter, gesmelt
VULSEL
4 eiers
250 ml (1 k) sagte bruinsuiker
30 ml (2 e) koekmeel
5 00 g (2 x 250 g-bakkies) roomkaas by kamertemperatuur
250 ml (1 k) suurroom
250 ml (1 k) dikroom (Woolworths)
5 ml (1 t) vanieljegeursel
1 00 g (1 plak) donkersjokolade, gesmelt
60 ml (4 e) sterk aangemaakte koffie

Maak ook hierdie ystervarkiekoek

Stel oond op 150 °C.

  1. Kors Rooster haselneute in oond of in warm braaipan. Vryf velletjies met vadoek af.
  2. Kap haselneute grof en gooi saam met koekies in voedselverwerker en kap tot fyn.
  3. Voeg gesmelte botter by en roer tot koekiekrummels gemeng is.
  4. Druk op bodem van losboom-koekpan van 24 cm in deursnee vas.
  5. Vulsel Klits eiers en bruinsuiker met elektriese klitser, ongeveer vier minute.
  6. Sif koekmeel bo-oor en klits weer vir een minuut.
  7. Voeg roomkaas, suurroom, dikroom en vanieljegeursel by. Klits tot goed gemeng vir ongeveer vier minute.
  8. Roer gesmelte sjokolade en koffie by vulsel.
  9. Giet vulsel in losboomkoekpan met koekielaag.
  10. Plaas koekpan in oondpan om te keer dat botter nie uitkook nie.
  11. Bak vir 75 minute. Die binnekant van kaaskoek hoef nie heeltemal gestol te wees nie.
  12. Sit oond af en maak oonddeur ’n bietjie oop. Laat staan kaaskoek vir ’n uur in warm oond.
  13. Verwyder kaaskoek uit oond en plaas oornag in yskas. Verwyder losboomkoekpan en plaas op koekstaander.
  14. Sny in skywe en sit voor.

Send this to a friend