Macaroni-en-kaas | Vrouekeur

Macaroni-en-kaas

Macaroni-en-kaas is ’n gunsteling onder baie mense. Probeer hierdie resep

4 porsies

Bestanddele

400 g (¾ pak) macaroni
5 ml (1 t) sout
5 ml (1 t) olie
KAASSOUS
70 g botter
187 ml (¾ k) koekmeel
625 ml (2½ k) volroommelk
250 ml (1 k) hoenderaftreksel
knypie sout
knypie rooipeper
knypie paprika
250 ml (1 k) cheddarkaas, gerasper
125 ml (½ k) mozzarellakaas, gerasper
BOLAAG
2 50 ml (1 k) mozzarellakaas, gerasper
125 ml (½ k) droë broodkrummels

MAAK OOK: Sampioen-en-spek-pastagebak

Metode

Stel oond op 180 °C.

  1. Kook pasta tot al dente in borrelende water waarby sout en olie gevoeg is.
  2. Dreineer en spoel onder lopende water af.
  3. Roer klein bietjie olie deur pasta sodat dit nie aan mekaar vaskleef nie.
  4. Kaassous Smelt botter in kastrol en voeg koekmeel by. Roer goed tot gemeng.
  5. Voeg bietjies melk op ’n slag by terwyl jy gereeld roer sodat klonte nie vorm nie.
  6. Voeg hoenderaftreksel by en roer tot glad. Prut tot sous verdik, ongeveer vier minute.
  7. Roer sout, rooipeper, paprika en kase by sous.
  8. Roer gaar pasta by kaassous.
  9. Skep in gesmeerde oondbak van ongeveer 20 cm x 30 cm.
  10. Bolaag Sprinkel kaas en broodkrummels oor en bak vir 20 minute tot kaas gesmelt is en sit warm voor.

Send this to a friend