Murgpampoentjiebrood

’n Gesonde murgpampoentjiebrood wat vinnig en maklik is

Bestanddele

1 brood

500 ml (2 k) koekmeel
250 ml (1 k) witbroodmeel
3,75 ml (¾ t) koeksoda
3,75 ml (¾ t) bakpoeier
2,5 ml (½ t) kaneel
2,5 ml (½ t) sout
500 ml (2 k) murgpampoentjies
80 ml (1/3 k) suiker
30 ml (2 e) heuning
125 ml (½ k) ongegeurde jogurt
2 groot eiers
60 ml (4 e) klapperolie

Metode

Verhit oond tot 165°C en voer ’n 10 cm x 30 cm-broodpan met waspapier uit.

  1. Meng koekmeel, witbroodmeel, koeksoda, bakpoeier, kaneel en sout in mengbak.
  2. Rasper ongeskilde murgpampoentjies grof en druk vog uit.
  3. Meng murgpampoentjies, suiker, heuning, jogurt, eiers en klapperolie in mengbak.
  4. Voeg murgpampoentjiemengsel by droë bestanddele en meng goed.
  5. Skep beslag in broodpan.
  6. Bak vir 50 minute tot goudbruin en gaar.
  7. Haal uit oond en laat effens afkoel. Verwyder waspapier.

Send this to a friend