Nutella-en-kasjoeneutpalmiers

Het jy al ooit palmiers gebak? Probeer hierdie Nutella-en-kasjoeneutpalmiers

Maak 30

Bestanddele

1 rol skilferkorsdeeg
75 ml (5 e) Nutella
80 ml (1/3 k) gekapte kasjoeneute
30 ml (2 e) versiersuiker

Metode

Verhit oond tot 220 °C en voer bakplaat met waspapier uit.

  1. Rol skilferkors oop en smeer Nutella egalig oor deeg.
  2. Sprinkel neute bo-oor.
  3. Rol deeg in lengte van weerskante af op tot in middel om palmier te vorm.
  4. Rol met kleefplastiek toe en bêre vir 30 minute in yskas.
  5. Sny 1 cm-skywe en pak op bakplaat.
  6. Bak vir 15 minute tot goudbruin en gaar.
  7. Verwyder uit oond en sif versiersuiker bo-oor.

Send this to a friend