Patats

Maak patats soos jou ma dit altyd gemaak het!

6–8 porsies

Bestanddele

4 patats, in 1 cm-skywe gesny
80 ml (1/3 k) botter, gesmelt
5 ml (1 t) fyn kaneel
30 ml (2 e) suiker
100 g (1 pakkie) gemmerkoekies, grofgekap
125 ml (½ k) room

Metode

Stel oond op 180 ˚C.

  1. Pak helfte van patats op bodem van glasoondbak.
  2. Meng botter, kaneel en suiker en smeer oor patats.
  3. Pak laag koekies bo-op patats.
  4. Pak nog ’n laag patats, smeer met botter.
  5. Gooi room oor patats.
  6. Bak vir 30 minute of tot patats gaar en goudbruin is.

Send this to a friend