Plaatkoekies uit die hart

plaatkoekies_uit_die_hart

 Bederf jou geliefde hierdie Valentynsdag met hartjie-plaatkoekies

maak ongeveer 20 plaatkoekies

2 ekstragroot eiers

125 ml (½ k) suiker

250 ml (1 k) volroommelk

30 ml (2 e) olie

500 ml (2 k) koekmeel

20 ml (4 t) bakpoeier

2,5 ml (½ t) sout

botter vir braai

 

  1. Klits eiers en suiker vir drie minute met elektriese klitser.
  2. Meng melk en olie. Voeg helfte van melkmengsel by eiermengsel en roer goed.
  3. Sif koekmeel, bakpoeier en sout saam. Meng by eiermengsel tot klontvry.
  4. Voeg oorblywende melk by en roer weer tot gladde mengsel.
  5. Vul groot spuitsak met plaatkoekiemengsel.
  6. Smelt botter in braaipan en spuit hartjievorm vol met plaatkoekiemengsel.
  7. Bak plaatkoekies tot lugblasies vorm. Draai plaatkoekie om en bak ander kant tot goudbruin.
  8. Sit saam met gouestroop of soos verkies voor.

Send this to a friend