Rosie se steaks

Hierdie resep is al drie generasies in ons kosredakteur, Suzanne Crozier, se familie en sy sê dit is beslis haar gunsteling!

4 porsies

Bestanddele

600 g (8 stukke) kitssteaks (minute steaks)
125 ml (½ k) koekmeel
bietjie botter om in te braai
250 ml (1 k) botter
steak & tjop-speserye
30 ml (2 e) olie
4 uie, in halfmaanringetjies gesny
5 ml (1 t) fyn knoffel

Metode

Stel oond op 150 ˚C.

  1. Rol vleis in meel en braai in bietjie botter tot gaar en bruin.
  2. Sprinkel met speserye. Haal uit en hou eenkant.
  3. Smelt botter en olie in pan en braai uie tot sag.
  4. Plaas lagie uie in oondbak, sit vleis boop, gevolg deur res van uie.
  5. Bak vir 45–60 minute of tot vleis sag is.
  6. Bedien met vars brood of krummelpap.

Wenk

Gebruik regte botter vir die resep  

Send this to a friend