Krakerige klapperhoender

Hierdie krakerige klapperhoender is heerlik!

4 porsies

Bestanddele

8 hoenderstukke
250 ml (1 k) karringmelk
sout en peper
2,5 ml (½ t) paprika
knypie brandrissie
250 ml (1 k) fyn klapper
SOUS
1 blik klappermelk
125 ml (½ k) soetrissiesous

Metode

Stel oond op 180 ˚C.

  1. Laat hoenderstukke vir 20 minute in karringmelk le.
  2. Haal uit en geur met sout, peper, paprika en brandrissie.
  3. Rol hoender in klapper en pak op bakplaat.
  4. Bak vir 30 minute of tot gaar en krakerig.
  5. Sous Kook klappermelk en soetrissiesous saam tot verdik.
  6. Bedien met basmatirys of gestoomde groente.

Send this to a friend