Soetkoekies

soetkoekies

ongeveer 24 boompies

Bestanddele

KOEKIES
250 g (½ blok) sagte botter
250 ml (1 k) strooisuiker
60 ml (4 e) gouestroop
397 g (1 blik) kondensmelk
5 ml (1 t) vanielje
750 ml (3 k) koekmeel
10 ml (2 t) bakpoeier
knypie sout

VERSIERSEL
375 g (½ bakkie) plastiekversiersel
donkergroen en lemmetjiegroen jelkleursel
versiersuiker, gesif
1 eierwit

Metode

Stel die oond op 180 °C.
1. Koekies: Room botter en suiker tot liggeel en donserig.
2. Roer gouestroop, kondensmelk en vanielje by.
3. Sif meel, bakpoeier en sout en roer by bottermengsel. Voeg nog bietjie meel by indien nodig, totdat dit nie meer aan jou hande kleef nie.
4. Rol deeg op meelbestrooide oppervlak tot ongeveer 4 mm dik uit.
5. Knip Kersboomvormpie uit harde karton en gebruik dit as patroon om ander koekies mee uit te sny.
6. Plaas koekies op bakplaat wat met bakpapier gevoer is. Bak vir 12 min. of tot goudbruin.
7. Laat effens op bakplaat afkoel. Skep op afkoelrakkie en laat eenkant tot heeltemal koud.
8. Versiersel: Kleur plastiekversiersel met jelkleursel en roer dun uit op oppervlak wat met versiersuiker bestrooi is.
9. Gebruik boompiepatroon, sny stamgedeelte af en boompiegedeelte 5 mm kleiner rondom. Gebruik dit om plastiekversiersel mee uit te sny.
10. Smeer eierwit op bokant van koekie en plak uitgesnyde groen versiersel bo-op. Versier verder

Send this to a friend