Spekulaaskoekies en -smeer

Spekulaas is ’n Nederlandse Kersfeeskoekie met diep speserygeure, maar hoekom kan ’n mens dit nie heeljaar geniet nie?

28 koekies

Bestanddele

235 ml (225 g) botter
120 ml (100 g) wit suiker
60 ml (50 g) sagte bruinsuiker
5 ml (1 t) vanielje
475 ml (250 g) koekmeel
5 ml (1 t) kaneel
1,25 ml (¼ t) neutmuskaat
1,25 ml (¼ t) fyn gemmer
1,25 ml (¼ t) wonderpeper (allspice)
1,25 ml (¼ t) fyngemaalde naeltjies
2,5 ml (½ t) sout
2,5 ml (½ t) bakpoeier
SMEER
250 g koekies
125 ml (½ k) kondensmelk

Metode

Verhit oond tot 180 °C en berei bakplaat met waspapier voor.

  1. Room botter en al die suiker en voeg vanielje by.
  2. Sif meel, kaneel, neutmuskaat, gemmer, wonderpeper, naeltjies, sout en bakpoeier en meng by bottermengsel totdat deeg bind.
  3. Bedek deeg met kleefplastiek en verkil in yskas vir 20 minute.
  4. Rol deeg 6 mm dik uit en druk koekies met koekiedrukker uit. Pak op bakplaat.
  5. Bak vir 15–20 minute tot goudbruin en gaar.
  6. Smeer Maak koekies in voedselverwerker fyn.
  7. Voeg kondensmelk by krummels en verwerk tot als goed gemeng is.
  8. Skep in glasbottel.

Send this to a friend