Taboulehslaai

Hierdie taboulehslaai is heerlik as ’n bykos!

4 porsies

Bestanddele

250 ml (1 k) koeskoes
250 ml (1 k) groente-aftreksel
2 50 ml (1 k) gekapte pietersielie
200 g (1 pakkie) kersietamaties, in kwarte gesny
12 cm-komkommer in skyfies, dan in kwarte
½ rooiui, gekap
skil van suurlemoen
60 ml (¼ k) suurlemoensap
30 ml (2 e) olyfolie
sout en peper

Metode

  1. Meng koeskoes en warm groenteaftreksel, maak toe met kleefplastiek en laat staan tot afgekoel.
  2. Maak koeskoes met vurk los van mekaar.
  3. Gooi res van bestanddele by en roer goed.  

Send this to a friend