Tamatiesop

Sop is voedsaam, heerlik en die perfekte dis vir ’n koue aand. Maak gerus hierdie lekker tamatiesop

Bestanddele

4 tot 6 porsies

olyfolie
1 ui, gekap
5 ml (1 t) vars knoffel, gekap
2,5 ml (½ t) droë basiliekruid
1 2 groot tamaties, in wiggies gesny
80 ml (1/3 k) rooiwyn
410 g (1 blik) gekapte tamaties
10 ml (2 t) ligte bruinsuiker
250 ml (1 k) groente-aftreksel
sout en peper na smaak
250 ml (1 k) room

LEES OOK: Botterskorsiesop met klappermelk

Metode

  1. Verhit olyfolie en soteer ui, knoffel en basiliekruid tot ui sag is.
  2. Voeg tamatiewiggies by. Braai vir ses minute.
  3. Voeg rooiwyn, tamaties, bruinsuiker, groente-aftreksel, sout en peper by.
  4. Prut vir 45 minute oor matige hitte sonder deksel.
  5. Verpulp sop met handmenger tot glad.
  6. Plaas sop weer terug op stoofplaat en roer room by. Verhit tot deurwarm, maar moenie dat sop kook nie, anders skif dit.
  7. Sit warm voor.

Send this to a friend