Botterskorsiesop met klappermelk

Botterskorsiesop sal altyd ’n gunsteling bly. Probeer gerus hierdie botterskorsiesop met klappermelk

Bestanddele

6 porsies
klont botter
1 ui, gekap
2 selderystingels, gekap
2,5 ml (½ t) droë pietersielie
7 ,5 ml (1½ t) matige kerriepoeier
1 kg botterskorsies, geskil,
pitte verwyder, in blokkies gesny
750 ml (3 k) groente-aftreksel
400 g (1 blik) klappermelk
sout en varsgemaalde swartpeper

LEES OOK: Spek- en- sampioensop

Metode

  1. Smelt botter en soteer ui daarin tot sag. Voeg seldery en pietersielie by en soteer nog drie minute.
  2. Gooi kerriepoeier en botterskorsie by bestanddele in kastrol. Roerbraai vir twee minute.
  3. Voeg aftreksel by en verhit tot kookpunt. Draai stoofplaat se hitte laer en prut oor matige hitte tot botterskorsie sag is, ongeveer 40 minute.
  4. Laat effens afkoel en verpulp botterskorsiemengsel met handmenger tot glad.
  5. Voeg klappermelk by. Geur na smaak met sout en peper. Verhit weer tot deurwarm.
  6. Sit warm voor soos verkies.

Send this to a friend